This page is a translated version of the page Wikimania and the translation is 100% complete.




Drie dae, 200 praatjies, nou afgehandel.

Stel jou 'n wêreld voor waar elkeen op aarde in al die kennis vryelik kan deel #wikimania2014

Kyk hierdie videos op youtube
Kyk hierdie videos op Commons (binnekort)
Kyk hierdie videos regstreeks
Hier is die program!
Kyk wie was daar: Hello world!

Wat is Wikimania?

Wikimania is 'n konferensie, samekoms, werkswinkel, hackathon en feesviering wat in Augustus 2014 oor vyf dae strek, met meer as 2 000 besoekers. Dit word aangebied met aanloop- en afloopverrigtinge. Wikimania is die amptelike jaarfees van die Wikimediabeweging. Jy kan hier alle soorte projekte leer ken wat met Wiki's en vrye inhoud verband hou. Meer nog - jy kan die gemeenskap ontmoet wat die bekendste wiki moontlik gemaak het, naamlik Wikipedia!

Die hoofverrigtinge het in en rondom The Barbican Centre in Londen, VK plaasgevind. Almal was welkom: die foendi's, geesdriftiges, beginners of bloot die nuuskieriges!



Stand van die Wiki
'n Jaarverslag oor die Wikimedia-projekte

Wikipedia is a household name — in fact, it’s now one of the five most popular websites in the world, clocking over 21 billion hits every month. With over 110m pages across 287 languages, and a dozen sister projects including dictionaries, newspapers, multimedia repositories and travelguides, it's come a long way since its founding in 2001; the community has grown, the technology has developed, and the organisation has matured. However, there are still sweeping changes to come. more…


Sosiale Masjiene
Hoe kan kubergemeenskappe die mens se potensiaal ontsluit?

Eendag lank, lank gelede was 'masjiene' deur programmeerders geskryf en deur gebruikers benut. Die koms van die web het hierdie beeld verander: vandag is daar verstellings waar die mense met sowel die inhoud as met mekaar in wisselwerking tree, asook die grense tussen die berekeninge deur die masjien (met sy logika en algoritme) en mens (deur sielkundige prosesse en lewenservaring) wat vervaag. Pleks daarvan om die menslike en digitale element in sulke webgebaseerde stelsels te skei (soos die rekenaarwetenskap vroeër wel gedoen het), kan ons nou 'n kring rondom hulle trek en elkeen beskou as 'n deel van 'n 'sosiale masjien' - 'n masjien waar hierdie twee aspekte met mekaar onskeidbaar verweef is.[1] Natuurlik is Wikipedia een van sulke masjiene, maar wat nog? Hoe kan sulke stelsels uit die staanspoor ontwerp word en waarvoor? meer…


Die Onderwystoekoms
Noudat Wikipedia almal se huiswerk voltooi het, wat is daar nog te leer?

Tot baie onderwysers se ergernis bly Wikipedia die eerste inligtingsbron vir miljoene studente van laerskool- tot op universiteitsvlak. Hierdie gemak bevraagteken die algemene onderwyspraktyk wat stilswyend aanvaar dat inligting moeilik bekombaar en dupliseerbaar is. Maar waarom kan die onderwysers nie die leerders vra om eerder tot Wikipedia by te dra nie? meer…


Ope Data
Wat kan ons bereik as die somtotaal van alle menslike kennis masjienleesbaar is?

Wikidata is 'n nuwe projek van die Wikimedia-stigting: 'n vrye, samewerkende en meertalige sekondêre databank wat gestruktureerde data versamel om Wikipedia, Wikimedia Commons en ander Wikimedia-projekte te ondersteun, en selfs verder. Dit kan een van die voorste oop databronne ter wêreld word - wat kan ons daarmee doen? meer…


Ope Leerskool
Wat sal gebeur as die allerjongste menslike kennis vir elkeen toeganklik is?

In 2013 alleen word daar meer as 500 000 navorsingstukke openlik toeganklik gemaak, wat alle dissplines betrek - 'n aantal sonder weerga. Hulle kan almal op Wikipedia aangehaal word, dit wil sê, met die ensiklopedie samehangend verweef en deur enigiemand regoor die wêreld met 'n internetverbinding opgespoor word. Hierdie toeganklikheid van die allerjongste navorsing is in die geskiedenis onbekend. Die moontlike uitkoms van hierdie bemagtiging van die private navorsing en die oopmaak van die akademiese wêreld moet nie geringgeskat word nie. meer…


Demokratiese Media
Moet alle media dan handelsingesteld wees?

Die media speel 'n belangrike staatkundige, maatskaplike, ekonomiese en kulturele rol in die moderne demokrasieë. In sulke samelewings is die media die hoofbron van politieke inligting en die toegang tot openbare debat, asook die sleutel tot ingeligte, deelnemende en selfregerende burgerskap. 'n Demokrasie benodig 'n mediastelsel wat die mense uiteenlopende menings, ontledings en debatte oor belangrike sake bied, wat die verskeidenheid onder sy burgers weerspieël en openbare verantwoording onder die bestaande en opkomende magte bevorder. Daar heers 'n algemene gewaarwording dat die opkoms van die Internet nie die demokrasie gelewer het waarop gehoop is nie. more…




Borge

Vennote

Mediavennote

If you are interested in sponsoring next year's Wikimania, please contact wikimania-sponsorship@wikimedia.org

Vrywilligers

Wikimania was made possible by the 1000s of hours of work by 100s of volunteers


References

  1. Towards a classification framework for social machines Nigel Shadbolt, Daniel Alexander Smith, Elena Simperl, Max Van Kleek, Yang Yang, Wendy Hall, Web and Internet Science Group, University of Southampton, UK